Hoërskool Heidelberg, Slangrivier Primêre skool, asook Hendrik Venter Primêre skool van Ashton het deelgeneem.
Al vier skole het ywerig en mededingend aan beide die rugby- en netbalwedstryde deelgeneem.
In die rugbywedstryde het De Waalville, buiten twee wedstryde waarin hulle gelykop gespeel het, die ander ses gewen.
In die o.13-wedstryd teen Hendrik Venter het hul naelskraap met 10-5 gewen. In die ander o.13-wedstryd teen Hoërskool Heidelberg het hulle met 19 elk gelykop gespeel. Die ander uitslae is soos volg: O.7 - De Waalville 54, Hendrik Venter 0; o.8 - De Waalville 25, Slangrivier 5; o.9 - De Waalville 25, Hendrik Venter 0; o.9 - De Waalville 15, Slangrivier 5; o.11 - De Waalville 20, Heidelberg 7; o.11 - De Waalville 0, Hendrik Venter 0.
Die netbaluitslae was nie beskikbaar nie.

Die o.7-spelers van die gasheerspan spog hier in hul nuwe truie wat hul van die plaaslike koöperasie ontvang het. Agter staan hul trotse afrigter, Amy Pick.

Slangrivier se 0.8 span saam met hul prinsipaal, Peter Adams en hul afrigter, Leonard Adams.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg Hessequa nuus'