Die spelers van die o.19A en B, o.16A en o.15A-spanne gaan 'n afrigtingskliniek in Rustenburg bywoon wat deur die Protea netbal afrigter, Elize Kotzé aangebied word. Hulle gaan ook wedstryde speel teen Hoërskole Waterkloof en Becker, asook aan 'n netbaltoernooi in Potchefstroom deelneem.
Behalwe netbal speel, gaan hulle ook lekker vakansie hou by Sun City en Buffelspoort, waar hulle besienswaardighede soos die Voortrekkermonument, Maropeng Cradle of Humankind en Gold Reef City gaan besoek.
Die skool en betrokkenes bedank mnr. en me. Cobus Cronjé van 'n bekende besigheid in die dorp wat die vervoer borg en ook die toer meemaak.

Die uitbundige groep Dasse-netbalspeelsters, slaggereed vir hul toer na die noorde.