STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard se Damesliga Netbaltoernooi skop vanaand 7 Februarie in Stilbaai af.
Daar het vyf spanne ingeskryf en vir die volgende vyf Woensdae sal daar elke Woensdagaand twee wedstryde plaasvind.
Al die wedstryde word op die dorpsbane gespeel en is 10 minute aan 'n kant.
Vanaand speel die Pannekoeke teen die One Hit Wonders en die Thunderbirds teen Berties. Game Over het 'n loslootjie.
Wedstryde begin 18:00 vir die wat niks het om te doen nie en bietjie netbal wil kyk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’