Gallery
SWIMMING NEWS - Garden Route Swim School (GRSS), lid van die Fish Eagle Aquatics-swemklub, is geweldig trots op hul swemmers se prestasies tydens die afgelope Freda Barnard-swemgala wat onlangs by Conville-swembad plaasgevind het.
Fish Eagle Aquatics het 'n algehele 15de plek ontvang en 31 van GRSS se swemmers het deelgeneem.
Wido Rudolph (16) het sewe medaljes ontvang - goud vir 50 m- en 100 m-borsslag, 50 m-vryslag en silwermedaljes vir 100 m-vryslag, 200 m-IM (Individual Medley), 50 m- en 100 m-vlinderslag.
Renier van Greunen (15) het een goue medalje (50 m-borsslag) en een silwermedalje (50 m-vlinderslag) ontvang;
Flip de Bruyn (15) het twee bronsmedaljes vir 50 m-en 100 m-borsslag ontvang.
FOTOGALERY: Swemmers blink uit by Freda Barnard-swemgala
Bella Haldane (9) ontvang 'n bronsmedalje vir 50 m-vlinderslag en Caleb Coates (10) het twee silwermedaljes ontvang vir 100 m- en 50 m-vlinderslag en 'n bronsmedalje vir 50 m-borsslag.
George se eie wêreldkampioenswemmer met downsindroom, Minke Janse van Rensburg (18), het goue medaljes in vyf items ontvang. Minke was die enigste een wat in haar kategorie geswem het.
Ofskoon sy nie haar eie tye verbeter het nie, het sy die gala baie geniet - ten spyte van die feit dat sy griep onderlede gehad het.
Eienaar van GRSS en swemafrigter Franna Vorster reken vanjaar se Freda Barnard-gala was die grootste in die geskiedenis: "Dit is ook die eerste keer wat dit in George aangebied is. Dit was ongelooflik goed georganiseer, ons kinders het fantasties gedoen. Wat 'n heerlike boost vir George!"
Bella Haldane (9) saam met haar afrigter, Franna Vorster.
Flip de Bruyn (15), Liam Potgieter (15), Wido Rudolph (16) en Renier van Greunen (15) met hul onderskeie medaljes. Wido het altesaam sewe medaljes verower en Renier, een silwer- en een bronsmedalje. Foto's: Deidré Cloete
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'