ALBERTINIA NUUS - Black Balls-potspelklub van Albertinia was weer Sondag, 24 April op hul stukke teen Skarrelkids op Heidelberg.
Hulle wen die wedstryd met 22-14.
Die besoekers het die Kids van Heidelberg vanuit die staanspoor geen genade betoon nie. Die Albertinianers se C-span het 'n goeie grondslag met hul telling van 7-5 gelê en daarna het die B-span meer sout in hul opponente se wonde gesmeer met hulle telling van 9-3.
Met die telling op 16-8 in die guns van die besoekers was dit reeds neusie verby vir Skarrelkids, hoewel Heidelberg se A-span alles in die stryd gewerp het om 'n verdere vernedering te voorkom.
Hulle speel gelykop teen Black Balls se A-span met 6-6.
In 'n ander wedstryd slaag Down Town van Albertinia in 'n tuiswedstryd daarin om Q-Lovers naelskraap met 20-16 te wen.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'