RIVERSDAL NUUS - Die 2019 Baleia Wyne-bergfietsren en veldwedloop vind op 28 September by Baleia Wyne langs die N2 net buite die dorp plaas.
Dit is die vierde keer wat die bergfietsren oor afstande van 20 km, 40 km en 65 km aangebied word, en die derde keer wat die veldwedloop oor afstande van 5 km en 15 km plaasvind. Daar is ook ’n 5 km-fietsrit en 5km-veldloop vir kinders.
Suid-Kaap Forum is die mediaborg.
Aanlyninskrywings is reeds oop en kan by chaingangevents.co.za gedoen word. Registrasie en laat inskrywings kan Vrydag 27 September vanaf 15:00 tot 18:00, asook Saterdag vanaf 06:30 tot 08:00 by Baleia Bistro gedoen word. Die wegspringtye begin 08:30. Prysuitdeling vind om 13:00 by die wynkelder plaas.
Kontak juan@chaingangevents.co.za of 071 678 7147 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'