Spanne van sover as die Westelike Provinsie het hierdie toernooi bygewoon, wat aangebied is in samewerking met die Oudtshoorn Munisipaliteit. Dit was 'n opwindende, kompeterende kompetisie, met die spanne van die Westelike Provinsie wat gees geskep het en hul spanmaats luidkeels aangemoedig het in hul onderskeie items. En hulle was sterk kompetisie, veral in kumite!
Ancha Adams het goud verwerf in kumite (8 tot 9 jaar), 'n item wat sy op agtjarige ouderdom verskriklik geniet.
Aran Adams het op sy beurt goud verwerf in kata (10 tot 11 jaar). In kumite kon hy egter nie vorder na die volgende rondtes nie. Shaun Michaels het ook deelgeneem in kata en kumite, maar hierdie keer kon hy nie vorder na die volgende rondtes nie.
Volgens hul afrigter, Sensei Adams, was dit ongelukkig al die studente wat hul kon inskryf in hierdie toernooi, in ag genome dat die toernooi in die vakansie plaasgevind het, asook ander eksterne faktore.
Sensei Peter Adams en sy vrou, Alana, is erg trots op hul kinders, en glo dat hulle eendag die droom wat enige sportpersoon het gaan verwesenlik ... om hul land in Internasionale karate kampioenskappe te verteenwoordig.

Ancha Adams met haar goue medalje vir kumite.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'