RIVERSDAL NUUS - Die Suid-Kaapse Sages se laaste byeenkoms is op Maandag 4 Desember by die Riversdal-gholfklub afgesluit met 'n tradisionele individuele Stabelford-kompetisie.
Theunis Ebersohn van Mosselbaai is as die nuwe enkelskampioen vir 2023 gekroon.
Met dié oorwinning het hy die Bertus Louw-trofee ingepalm sowel as die Pieter Vaughan-trofee, wat deur die Sages se oudste speler, die 91-jarige Pieter Vaughan, geskenk is vir die beste speler ouers as 75.
Altesaam 47 Sages-spelers het aan dié laaste kompetisie van die jaar deelgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’