RIVERSDALGHOLF-NUUS - 'n Besluit deur Grové Koch om Suid-Kaap Sages se besoek aan die plaaslike gholfklub as gevolg van ongure weer nie uit te stel nie, het geblyk die regte een te wees.
Al 43 spelers het Dinsdag 6 November in 'n stadium sopnat gereën, maar die dag se spel is in heerlike warm weer voltooi.
Die kompetisie moes bepaal wie die wenners van die Hennie Huyser-trofee gaan wees. Dit word jaarliks aan die twee spelers toegeken wat die beste in die beterbalkompetisie vaar wat op die dag gespeel word. Vanjaar het plaaslike spelers die trofee gewen toe hulle 43 Stableford-punte opgestapel het.
Uitslae
- Jannie Goosen en Colin Sharwood (Riversdal) 43;
- Niel van Heerden (Mosselbaai) en Bill Annandale (Stilbaai) 42;
- Pieter Smuts en Dawie le Roux (Heidelberg) 42;
- Pieter Vaughan en Niel van Heerden ( Mosselbaai) 41;
- Nic Marais en Buks Reynders (Mosselbaai) 39.
Naaste aan die penne, geborg deur JC Slagtery van Riversdal is gewen deur Niel van Heerden 4/13 en Denzil Geldenhuys van Riversdal op 8. Chris Barnard het die enigste spogtwee van die dag behaal.
Suid-Kaap Sages se algemene jaarvergadering vind op 27 November op Stilbaai plaas.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'