SUID-KAAP NUUS - 'n Totaal van 64 spelers het in drie afdelings tydens die laaste Sanlam Kansadag op 4 September vir die streek op Mosselbaai gholfbaan meegeding.
'n Bedrag van R5 170 is vir Kansa ingesamel. In die kompetisie het die volgende spelers die beste gevaar:
A-afdeling
- Dawid Gerber (Mosselbaai) 41;
- Chris Barnard (Mosselbaai Sages) 38
- Tiaan Tredoux (Sanlam) 37
- Cassie Swanepoel (Boggomsbaai Sages) 36
B-afdeling
- Thys van Staden (Mosselbaai) 39
- Denzil Geldenhuys (Riversdal Sages) 38
- Davey Roberts (Riversdal Sages) 35
- Alwyn Vorster (Stilbaai Sages) 34
C-afdeling
- Gert Pieterse (Mosselbaai) 39
- Charlie Hendriks (Mosselbaai) 38
- André Lock (Mosselbaai) 37
- George Sadowski (Mosselbaai Sages) 36
Naaste aan die penne is deur Ernest Roux van Boggomsbaai gewen op 4, Bertus Maré van Mosselbaai op 8, Ben Wentzel van Mosselbaai op 12 en Basie Nortjé van Riversdal op 15.
Richard Fuller van Mosselbaai en Ben Wentzel het spogtwees behaal.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'