HESSEQUA NUUS - Douglas Slabbert (14) en Bart Nel (10) het Saterdag, 25 Junie die Windhoek-pare Stableford-klubkompetisie by die Riversdal-gholfklub met 44 punte gewen.
Garnet Damans (-2) en Charlton Sambo (3) was tweede met 43 punte terwyl Willie Prins (9) en Henry du Plessis (16) derde klaargemaak het met 42 punte.
Colin Sharwood (13) en Jannie Goosen (23) se 40 punte het hulle in die vierde plek laat inskuif, gevolg deur Johan Muller (3) en Poen Vermaak (3) vyfde, ook met 40 punte.
Die sesde plek is ingeneem deur Ryno Stander (6) en Pine Kleinhans (7) met 40 punte.
Neels Nienaber kerf sy bal setperk toe op die eerste putjie.
Francois Huyser lanseer sy bal na die gat.
Pieter de Villiers volg sy sethou op die eerste.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'