GHOLFNUUS - Vir die jong Mosselbaaier Aldrich Potgieter, was die vierde en laaste ronde van die Amerikaanse Ope gholftoernooi net daardie een hekkie te ver.
'n Liederlike 79 - nege houe swakker as die baansyfer - het Potgieter se aanslag om as die voorste amateur te eindig, erg belemmer.
Die jongeling kan egter steeds met sy kop omhoog terugkyk op 'n suksesvolle veldtog waar hy die enigste Suid-Afrikaner was, wat die afsnypunt ná twee rondes oorleef en waar drie van die land se voorste geldspelers in die stof gebyt het.
Die Amerikaner Gordon Sargeant het met 'n skitterende 69 houe met die amateur-louere weggestap terwyl sy landgenoot Wyndham Clark ná 'n fel stryd met die Noord-Ier Rory McIroy sy eerste Grand Slam-titel verower het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’