HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United-krieketklub het Saterdag, 28 Mei hul algemene jaarvergadering (AJV) in die stadsaal gehou, waarna hulle hul erkenningsaand en afskeid in die banketsaal gevier het.
Die nuwe bestuur is ook aangewys.
Cecil Meyers is as ondervoorsitter verkies, Leon Hartnick as sekretaris en Michael Williams weereens as kassier.
Die ander vakature sal later tydens ‘n algemene ledevergadering gevul word.
Van links: Leon Hartnick, Clive Pretorius (ere-president), Heinrich Hartnick, Michael Wiiliams en Cecil Meyers.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'