MELKHOUTFONTEIN KRIEKET-NUUS - Die plaaslike krieketspan het Sondagmiddag 30 September hul wedstryd in die SWDK T20-kompetisie teen Riversdal maklik met 93 lopies op die Melkhoutfontein-stadion gewen.
Melkies het die loot gewen en besluit om te kolf. Hulle het 148/3 lopies in hul toegelate 20 beurte aangeteken, terwyl hulle vir Riversdal vir 'n skrale 55 lopies in 13.4 beurte uitgeboul het.
Vir die tuisspan het Monré Saayman met 67 van 58 balle die beste met die kolf gevaar. Reagan Deutschen met 26 en PJ Petersen met 13 het ook hul deel bygedra.
Donavan Pietersen met sy 2/30 na sy toegelate 4 beurte het die beste vir Riversdal met die bal gevaar. Vir Riversdal kon net Pieter April, kaptein, enige weerstand met die kolf bied om 17 lopies aan te teken.
Vir Melkies het Bevan Gelant met 2/24 na 4 beurte en PJ Petersen met 3/1 met 1 leeg na 2 beurte skade met die bal aangerig.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'