STILBAAI NUUS - Tweemaal per jaar is daar laatmiddag baie aksie as die manne mekaar die stryd aansê op die krieketveld.
Agt spanne neem deel in twee afdelings wat vir ses weke van Maandag tot Donderdag speel en dan kom die twee afdelings se wenners teenmekaar te staan in 'n finaal op 17 November 2024.
Die Forum het Woensdagaand se wedstryd tussen Bertie Barnard en Stilbaai Kelders bygewoon om van die aksie vas te lê.
Stilbaai Kelders het eerste gekolf en 151 lopies aangeteken in hulle toegelate kolfbeurt.
Bertie Barnard, sonder 'n paar van hulle gereelde spelers, kon net antwoord met 129 lopies en is met klolf onder die arm huistoe gestuur.
Wedstryde begin 17:15 en teen donker is dit verby. Pak 'n piekniekmandjie en kom ondersteun die manne.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’