STILBAAI NUUS - Ses skole het vanjaar aan die vriendskaplike Ricoh Kriekettoernooi van Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai deelgeneem.
Laerskool Ladybrand het al die pad van die Oos-Vrystaat gery en dan was daar ook Laerskool De Hoop van Somerset Wes, Worcester Primêr, Bredasdorp, Outeniekwa en Bertie Barnard, die gasheer skool.
Die doel van die toernooi is nie wen ten alle koste nie, maar die smee en versterking van vriendskapsbande en natuurlik leer die spanne baie bymekaar en veral 'n sterk krieket georiënteerde skool soos De Hoop beproef die ander spanne tot die uiterste.
Elke span het teen vier ander spanne gespeel oor die twee dae en hierdie jaar het Bertie Barnard net teen Ladybrand nie gespeel nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’