ALBERTINIA NUUS - Die plaaslike krieketklub het Saterdag 14 Oktober behoorlik in hul agterplaas vasgeval in 'n promosie krieketwedstryd teen Kavaliers van Knysna.
Die tuisspan het eerste gaan kolf en 134 lopies op die telbord aangeteken.
Hulle verloor egter met agt paaltjies. Eustice Saayman (32) en Lindon Saayman (25) het die beste met die kolf gevaar.
Ryne Capes het twee paaltjies geneem en 'n skrale 27 lopies afgestaan.
Vir die besoekers het Rudolph Gerber (72) en Miles Rigby (21) die beste voor die paaltjies gevaar.
Kyle Stewart (3), Francois Bonthuys (4) en JP Ellis (3) het die tuisspan se paaltjies laat kantel.
Dié wedstryd is die Albertinianers se tweede agtereenvolgende neerlaag.
Hul eerste verloor was teen die Cobras van Kranshoek.
Albertinia se volgende wedstryd is weer op eie bodem teen Slangrivier.
ARTIKEL: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'