ALBERTINIA NUUS - Die plaaslike krieketspan is Saterdag 27 Januarie in 'n wegwedstryd behoorlik met die kous oor die kop terug huis toe gestuur na hul neerlaag teen Knysna Kavaliers.
Hulle verloor met 200 lopies.
Kavaliers wat die loot wen besluit om eerste te kolf.
Hulle teken in 39.5 boulbeurte 220 lopies aan, met Mirk Vermeulen wat verwoesting met die kolf saai en 89 lopies aanteken.
Hy moker 11 viere en drie sesse oor die grens voor hy later deur Rudowan Hartnick skoongeboul is.
Jason Lawrence het van Wessels Kroukamp ontslae geraak vir 'n skrale nulletjie, maar dit was nie genoeg om die wedstryd in hulle guns te swaai nie.
Vivian Daries van Albertinia het die beste geboul en vyf paaltjies geneem, terwyl hy slegs 44 lopies afgestaan het.
Ryan Capes, wat verlede week briljant gekolf het, kon geen lopies aanteken nie en is met 'n nul na die paviljoen teruggestuur, asook Wayne Caokley en Deon London.
Lawrence (6) het die meeste lopies aangeteken vir Albertinia, wat almal terug in die kleedkamer was vir net 21 lopies.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'