STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Trail Run ten bate van Jagersbosch Dienssentrum vind plaas op 17 Junie 2024.
Daar is geen beter plek om op 'n vakansiedag te wees as 08:00 op Maandag 17 Junie by die amfiteater in Stilbaai nie.
Die organiseerders het 'n pragtige roete oor 16 km uitgelê deur 'n melklhout woud en meestal langs die see, maar ook 'n ent langs die Goukourivier.
Vir die meer rustige drawwers is daar ook 'n 5 km roete wat nie soveel eise aan die liggaam stel nie.
Alle inskrywingsgeld gaan aan Jagersbosch Gemeenskapdienssentrum en jy gaan huistoe met 'n medalje en tevrede hart.
Skryf aanlyn in by www.entryninja.com of skakel Nico by 083 264 3071.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’