STILBAAI NUUS - Die immergewilde Stilbaai Wes Parkrun is Saterdagoggend 28 September 2024 vir die 140 ste keer gedraf en gestap.
Soos gebruiklik was daar heelwat besoekers wat vir oulaas die roete aangedurf het voordat hulle weer teruggaan na die vakansie.
Die pragtige vyf kilometer roete wat strek van die visvywers by die hawe al langs die see tot by die mond van die Goukourivier en dan langs die rivier tot by die toerismeburo by Palinggat en terug is baie gewild en mense ry van ver om dit te draf.
Anton Chevalier was die manswenner en Cassia Stevens was die eerste vrou tuis.
Katja Nothnagel wat in die 11-14 jaar kategorie deelneem het haar 157 ste Parkrun voltooi en volgens haar ma, Annabelle, het sy haar eerste paar Parkruns in 'n stootkarretjie gedoen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’