STILBAAI NUUS - Melkhoutfontein Primêr het Vrydag 26 Januarie hulle interhuis-atletiekbyeenkoms gehad en wat die baannommers aanbetref het die atlete gewys dat hulle 'n krag is om mee rekening te hou in die Hessequa streek.
Die hoogtepunt van die dag was egter toe die twee opvoeder spanne mekaar die stryd aangesê het in 'n aflosnommer. So te sê die hele skool het saam gehardloop toe hulle aan die gang kom.
Die skoolhoof, mnr. Graeme Cuttings, wat in Blou-huis se span was het 'n hele ruk lank opgewarm, want hy het die belangrike laaste been vir Blou-huis gehardloop.
Rooi-huis het egter ander planne gehad en hulle jong blitse ingespan teen Graeme se ervare span.
Nodeloos om te sê het Rooi-huis redelik gemaklik gewen.
Blou-huis was egter die beste span op die dag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’