TUINROETE NUUS - Die skool spog met 15 atlete wat in die Eden-atletiekspan opgeneem is. Hulle het op 3 en 4 Maart aan die Wes-Kaapse kampioenskap in die Paarl deelgeneem.
Die atlete is Kai Pratt, CT Vosloo, Christof Crous, Lian Otto, EW Maritz, Shaylon Lombard, Rayline Alberts, Wayne Ganniwa, Frederik van Dyk, Tyler Loock, Louis Fourie, De La Rey Terblanche, Wandré Groenewald, HP Coetzee en Righardt Stander.
Stander het goud in beide spiesgooi en diskus seuns o/19 behaal, asook 'n brons medalje in gewigstoot.
Hy is in die Wes-Kaap-span vir al drie items opgeneem, wat sedert 15 Maart aan die SA kampioenskap in Germiston deelgeneem het.
Lees vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'