HEIDELBERG NUUS - Dié dorp se karate sensasie, Ancha Adams het brons by die UFAK Suid-streek 5 Afrika Unie Sportraad (AUSC) internasionale karatekampioenskap op 29 Mei verwerf.
Hierdie geleentheid is in Suid-Afrika, in die pragtige koninkryk van die Zoeloe, die stad eThewkine (Durban) aangebied.
Lande van Afrika so ver as Botswana, Namibië en Angola het hulle beste atlete gestuur om aan hierdie prestige kompetisie deel te neem.
Ancha het haar rondte teen 'n opponent van Angola verloor, wat haar na die eindronde sou geneem het.
"Dit was voorwaar 'n wonderlike geleentheid vir Ancha om te groei en ontwikkel. Dankie aan almal wat haar op hierdie reis ondersteun het. Jul bydrae het haar deelname verseker en in ruil daarvoor het sy die brons vir Suid-Afrika huis toe gebring," het haar pa en afrigter, sensei Peter Adams trots gesê.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'