STILBAAI NUUS - Die talle vakansiegangers staan nuuskierig nader terwyl die vissersbote geduldig wag om hulle vangs vir die dag af te laai.
Hierdie toneel het hom elke dag afgespeel in Stilbaai se hawe en die vis het nie teleurgestel nie.
Daar word vertel dat een boot die anderdag meer as 'n ton vis aan wal gebring het.
Met die vakansie wat einde se kant toe staan is daar Paassondag 'n magdom bote water toe, want almal wil vir oulaas kyk met hoeveel vis hulle die hawe kan binne vaar.
Dit was egter die laaste goeie dag, want Maandag het die wind gedraai en die seetemperatuur het geval tot hier by die 11 grade celsius en dan vat 'n vis nie maklik aas nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’