Gallery
STILBAAI NUUS - DA-premier Helen Zille het Stilbaai op Sondag 20 Januarie besoek.
Die doel daarvan was om meer van die DA se verkiesingsveldtog te vertel, sowel as vrae uit die gehoor te beantwoord.
Alan Winde, premier kandidaat is geleentheid gegun om ’n toespraak te lewer en het vele sensitiewe vrae beantwoord.
Tydens ’n ete in die gemeenskapsaal is Zille vereer en bedank vir haar invloedryke werk en fondasie wat sy die afgelope 10 jaar gelê het.
Sy het genoem dat sy bewoë is oor die mooi gebaar. “Ek het nog ’n openbare vergadering verwag waarin mense jou uithaal en hier sê almal vir my dankie.
Ek wil ook net vir almal dankie sê wat vir my dankie sê,” het Zille genoem.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'