MOTOR NUUS - Enkele maande nadat Lexus as beste vervaardiger in die Auto Express 2018 Driver Power-tevredenheidspeiling aangewys is, gee dié vervaardiger weer die pas aan danksy die aankondiging dat die luukse LC-koepee die gesogte Koepee van die Jaar-prys gewen het.
Die jaarlikse Driver Power-peiling is op die menings van meer as 80 000 Britse motoriste gegrond wat hul oordeel in 9 kategorieë en op 31 verskillende gebiede uitgespreek het.
"Ons Driver Power-peiling stel eienaars in staat om niks terug te hou wanneer hulle terugvoering oor hul motors gee nie," het Stuart Milne, voertuigredakteur, gesê.
Hy het bygevoeg: "Om as die beste gekroon te word, beteken 'n vervaardiger kan geen foute begaan nie, en vanjaar was die mededinging uiters straf."
Lexus-eienaars het die fabrikaat hoog aangeprys en toppunte vir binneruimgehalte, gemak en bougehalte gegee. Vir hierdie toekenning, het die meer emosionele element van Lexus LC se soepel, konsepagtige voorkoms wat besondere lof gekry het.
Die hoofredakteur van Auto Express, Steve Fowler, het verder verduidelik: "Toe Lexus die LF-LC-konsep by die Detroit-motorskou in 2012 onthul het, het min mense gedink die motor sal die vertoonlokaal haal en só goed lyk. Ons ook. Lexus sou sekerlik nie dapper genoeg wees om 'n produksiemotor wat só lyk, bekend te stel nie?
"Ons is selde so gelukkig om verkeerd te wees. Die Lexus LC is net so spesiaal op die oog as sy konsepweergawe. Om een te kan ry is nog meer spesiaal."
Ewan Shepherd, 'n direkteur van Lexus VK, het by die ontvangs van die prys gesê: "Die LC het die boodskap tuisgebring dat ons fabrikaat een van die mees visioenêre, oorspronklike en opwindende is. Ons het met die LC gewys dit is nie net woorde nie, maar dat ons dapper siening vir die toekoms van Lexus verder as konsepmodelle tot in die vertoonlokaal strek.
"Ons is verheug dat ons skitterende vlagskip-koepee deur Auto Express erken is."
Die Suid-Afrikaanse mark kan uitsien na die komende LC 500 Limited, 'n beperkte weergawe wat laat in Augustus 2018 bekendgestel sal word. Die LC Limited word in uiters beperkte getalle beskikbaar gestel, en het 'n V8-enjin met 'n skitterende nuwe blou kleurskakering (Morphic Blue).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'