Video
SUID-KAAP NUUS EN VIDEO - Intensiewe navorsing oor waar ons spesie vandaan kom, word reeds vanaf 2009 gedoen en nie net universiteite in Suid-Afrika nie, maar ook van oorsese lande is by hierdie projekte betrokke.
Doktore Jan De Vynck en Susan Botha is by die African Centre for Coastal Palaeoscience by die Nelson Mandela Universiteit en hulle is betrokke by studies oor die oorsprong van moderne Homo sapiens in die Suid-Kaap, of in die breë Kaap.
Volgens De Vynck, senior navorser en sentrum direkteur dui die getuienis wel op die Suid-Kaap as die oorsprong van ons spesie se kognetiewe vermoëns.
Kyk 'n video hieronder:
Doktore Susan Botha and Jan de Vynck. Foto: Wilma Adamson
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'