SWELLENDAM NUUSFLITS - ’n Middeljarige man van dié dorp is Maandagmiddag 11 Junie net na 12:30 noodlottig beseer toe ’n vragmotor oor hom gery het.
Adam Bezuidenhout (46) was op sy fiets toe hy verby ’n stilstaande voertuig gery het.
Na bewering het die bestuurder die deur oopgemaak en hom omgestamp, waarna die munisipale vragmotor oor hom gery het.
Hy is op die toneel deur ambulanspersoneel dood verklaar.
Beide bestuurders was erg getraumatiseer op die toneel.
Bezuidenhout se vrou, Fiona, was binne enkele minute saam met hul babaseun, Gabriel (2) op die toneel, asook hul twee dogters, Annelise en Tessa Slingers, wat in die dorp werk.
Die polisie ondersoek ’n klag van manslag.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Adam Bezuidenhout saam met twee van sy kleindogters, Johnelize Slingers en Charlnell Bezuidenhout.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'