RIVERSDAL NUUS - Indien jy gedink het net bejaarde vroue sluit by die Vroue-Landbouvereniging (VLV) aan, maak jy 'n fout.
Volgens Elsie Meyer, voorsitter, hoef jy nie aan aktiwiteite deel te neem nie. "Ons hou net ses vergaderings per jaar waartydens jy altyd iets nuuts kan leer. Ons moedig lede aan om deel te neem, maar niemand word gedwing nie."
Interessante onderwerpe word aangebied en by die 'ek probeer-tafel' kry diegene wat 'n projek aangepak het, geleentheid om die eindproduk uit te stal. Dit is vir die lede belangrik om by die gemeenskap betrokke te wees; daarom het hulle 'n rolstoel aan een van die plaaslike tehuise geskenk.
Lede kry ook geleentheid om hul musikale talent of aangrypende lewensverhale te deel.
Meyer nooi nuwe intrekkers om die plaaslike VLV-tak aan te sluit. "Ons benodig beoordelaars en enigiemand met ondervinding kan kom aanmeld." Kontak Meyer by 079 460 1815 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'