Update
RIVERSDAL NUUS -'n Man en vrou wat in 'n blou Toyota vanaf Ladismith, rigting Riversdal gereis het, is noodlottig in 'n ongeluk op die Garciapas beseer.
Die ongeluk het Dinsdag, 20 Julie ongeveer 10:50, 14km buite Riversdal plaasgevind.
Volgens die bestuurder van 'n wit Ford Ranger-bakkie wat die botsing oorleef en slegs ligte beserings opgedoen het, het hy vanaf Riversdal, rigting Ladismith gery. Die bestuurder het blykbaar beheer oor die motor verloor en in hom vasgery.
Die oorledenes is Fransina en John Spogter van Riversdal.
Volgens Riversdal-polisie se kommunikasie-beampte, sersant Christiaan Jansen is 'n saak van strafbare manslag geopen.
Vorige artikel: Twee sterf in ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'