HEIDELBERG NUUS - Twee nuwe opvoeders sluit hulle vanjaar by Hoërskool Heidelberg aan.
Die skool het ‘n personeelkorps van 25 met 18 opvoeders wat na die behoeftes van 396 leerders moet omsien.
Elizma Bester van Witsand gee klas in wiskunde en fisiese wetenskappe vir gr. 10 tot 12. Sy is 'n geesdriftige sportliefhebber.
Mariska Meyer van Leipoldtville naby Lambertsbaai is die nuwe registeronderwysers vir gr. 4. Sy behartig natuurwetenskappe vir gr. 4 en 5 en sosiale wetenskappe vir gr. 4 tot 9.
Sy is ‘n boekwurm en haar hondjie, Luna, verskaf haar baie vreugde.
Mariska Meyer van Leipoldtville.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’