BUFFELJAGSRIVIER NUUS - Drie weke nadat Cedile Michaels se niggie, Fransionette Jantjies, blykbaar deur hul neef, Sergio Jonkers vermoor is, gaan sy dieselfde lot tegemoet.
Ironies is dat dié moord tydens die 16 Dae van Aktivisme vir geen geweld teen vrouens en kinders gepleeg is.
Die 33-jarige Michaels is klaarblyklik deur haar mansvriend op 'n plaas in Buffeljagsrivier die afgelope naweek vermoor. Sy is ma van 'n 10-jarige seun.
Jantjies (23) se liggaam was in 'n gevorderde stadium van ontbinding langs die Buffeljagsrivier gevind.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
"Ons bring jou die nuutste Buffeljagsrivier, Hessequa nuus."