Daar is verskillende onwettige dwelms in die omloop waaronder dagga, mandrax en tik.
Ten spyte van die gevoel van rustigheid wat moontlik ervaar kan word, is 'n gebruiker nooit werklik in beheer van die effek wat enige dwelm op sy of haar liggaam gaan hê nie. Hoe meer 'n persoon dwelms gebruik, hoe meer gaan die gebruiker dit nodig hê.
Persone wat dwelms verkoop of verskaf is geensins besorgd oor die gebruiker as persoon nie of hoeveel lewens hul verwoes nie.
Tik (Methampetamien) is 'n dwelm wat die gebruiker laat hallusineer. Die implikasie van die dwelm is net so gevaarlik omdat die handelaar nie altyd weet wat die bestanddele is van die tik wat hy verkwansel nie. Tik het 'n kort- en langtermyn effek.
Korttermyn: Senuweeagtigheid, praat baie, buierig, herhaalde doelloose gedrag, en slaap versteuring. Daar is ook 'n sin van vals selfvertroue en aggresiewe of geweldadige gedrag.
Langtermyn: Stel nie meer belang in goed wat voorheen geniet was nie, depressief, droë mond, sere in en om die mond. Gewigverlies, geïrriteerd, humeurig en aggressief. Daar is ook mediese implikasies wat insluit absesse, hartkloppings, psigose, paranoia, deurmekaar, hallusinasies, buite beheer woede-uitbarstings en waansin.

'n Tikgebruiker se tande
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'