STILBAAI NUUS - Stilbaai-gemeenskapspolisiërings-forum hou op 27 Julie om 18:00 'n imbizo in die Stilbaai-gemeenskapsaal om alle inwoners op hoogte te bring van hulle werksaamhede en om die gemeenskap die geleentheid te gee om vrae te vra en probleme uit te lig.
Alhoewel dit lyk en voel asof Stilbaai ver weg van die misdaadgeteisterde gebiede is moet jy te alle tye paraat en ingelig wees, want die situasie kan oornag verander.
Verder het elke dorp maar misdaad, al is dit hoe gering en die gemeenskapspolisiëringsforum in samewerking met die polisie en buurtwagte speel 'n belangrike rol om misdaad doeltreffend te bekamp.
Staan as 'n gemeenskap saam en woon hierdie belangrike vergadering by. Dit sal verhoed dat jy agterna op sosiale media kla en probeer uitvind wat aan die gang is.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'