RIVERSDAL NUUS - Anja Joubert (graad 12) en Emmari Gildenhuys (graad 10) het vir die Sarie Nuwe Gesig-kompetisie ingeskryf.
Hierdie twee Dasse het die gemeenskap se stemme nodig.
Dit is baie vinnig en maklik om te stem, en dit is gratis.
Hoe om te stem
- Gaan na: voorbladgesig.sarie.com
- Klik op die "Soek..." opsie
- 'n Sleutelbord kom op waarin jy tik
- Tik in "Anja Joubert" of "Emmari Gildenhuys"
- Klik op die pienk vergrootglasie langs "Soek..."
- Klik op "Nuwe Gesig Anja Joubert (12120)" of "Nuwe Gesig Emmari Gildenhuys (12282)"
- Tik jou naam en van by "Naam en van" in
- Tik jou e-posadres by "E-posadres"
- Klik daarna op die pienk "Stem"-knoppie.
Anja Joubert
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'