STILBAAI NUUS - Nieteenstaande die weer het 'n hele paar lede van Soetfontein Senior Burger Klub in Melkhoutfontein by die Soeterus saal byeengekom vir hulle algemene jaarvergadering.
Die voorsitter, Albert Cloete, was teleurgesteld dat nie almal opgedaag het nie, maar die wat daar wou wees was daar.
In sy voorsittersverslag het hy melding gemaak dat hulle hoofdoel is "active ageing" en dit is om ouer mense aktief besig te hou met aktiwiteite sodat hulle nie afgestomp raak en eensaam by die huis sit nie.
Na die vergadering is daar lekker gekuier met heerlike eetgoed en sap of tee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’