STILBAAI NUUS - Vrydag 18 Julie was nie net nog 'n gewone dag vir die bejaardes van Melkhoutfontein nie, want die Soetfontein Senior Burger Klub het besluit om hulle te bederf as deel van Mandela dag.
Die oggend het by Ouma Lena se huis begin waar Badisa hulle verras het met warm kombersies, heerlike verversings, praatjies en speletjies.
Daarna is hulle na die Soeterus saal waar Albert Cloete, voorsitter van die klub, hulle toegespreek het aangaande hulle vryheid, regte en hoe om aan ander seniors hoop en ondersteuning te bied.
Elkeen teenwoordig het 'n glaspot met sopprodukte, resep en bemoedigende woordjie ontvang en kon ook 'n gebreide item, soos 'n serpie, handskoene of 'n mussie kies om huistoe te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’