HESSEQUA NUUS - Lesers wat graag hul mening wil lug oor enige onderwerp kan gerus 'n brief aan die koerant skryf.
Briewe moenie langer as 400 woorde wees nie, vergesel van die skrywer se naam, adres en kontaknommer.
Lesers se briewe kan wel onder 'n skuilnaam gepubliseer word sou hulle dit verkies. Lasterlike briewe sal nie gepubliseer word nie. Briewe verteenwoordig die menings van die betrokke skrywer(s) en nie dié van Suid-Kaap Forum nie.
Ons behou die reg voor om briewe te redigeer, te verkort of selfs nie te plaas nie. Briewe wat vir plasing geskik is, mag dalk 'n wyle oorstaan in geval van onvoldoende spasie.
As iets jou pla of indien jy 'n pluimpie wil uitdeel, skryf gerus aan ons. Skryf aan: wilma@groupeditors.co.za
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'