RIVERSDAL NUUS - Rebecca Johnson, wat die sopkombuis Becca's Kitchen in Kwanokuthula bedryf, het 'n handvol senior burgers (gogo's) van die woonbuurt op Donderdag 14 Desember met 'n vroeë Kersete bederf.
Die groep vroue is eers op peuselhappies, tee, koffie en soetgoed getrakteer en tydens middagete is 'n bord met gekookte kos voorgesit wat Rebecca en haar span gewillige helpers in haar klein kombuisie voorberei het.
Die gewyde stilte wat tydens die middagete geheers het, getuig van 'n diepe dankbaarheid wat die groep gogo's uitgestraal het. Woorde was nie nodig nie.
Rebecca gaan steeds voort om, ten spyte van die hongernood en groot tekort aan kosvoorraad, om klein kindertjies drie keer per week met iets te ete te voorsien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’