HEIDELBERG NUUS - Bykans 50 opvoeders van vier skole in die Heidelberg-distrik, naamlik De Waalville Primêr, Kairos Senior Sekondêr, Hoërskool Heidelberg HS asook Vondeling Primêr, het onlangs 'n innoverende motiveringspraatjie van prof. Jonathan Jansen, gewese rektor van die Universiteit Vrystaat, bygewoon.
Dis in Kairos se skoolsaal aangebied.
Tydens sy insiggewende, en soms humoristiese voorlegging, het prof. het Jansen sewe belangrike knelpunte met sy gehoor gedeel wat hulle in die praktyk kan toepas om 'n veel beter omgewing en uitkoms aan hul produk - die leerders - te verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'