STILBAAI NUUS - Die laaste ligawedstryde in Berties se PRET damesliga netbaltoernooi is Woensdagaand 5 Maart gespeel.
Thunder Sisters eindig die ligafase los voor met 75 punte en in die tweede plek lê Berties met 58 punte. Hierdie twee spanne sal dit dus in die finaal uitspook vir eerste en tweede plek.
High Hoops lê derde met 45 punte en Seagulls eindig met 36 punte. Hulle sal dit dus uitspook vir derde en vierde plek.
Friena Müller, organiseerder van die toernooi, sê dat dit 'n ongelooflik interessante seisoen was en dat die ses spanne regtig hulle harte uitgespeel het met die pret tema altyd voorop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’