Update
STILBAAI NUUS - Die gewilde Sterrehemel Café & Restobar in Stilbaai is op Vrydag 14 Oktober in pienk getooi met blomme en strikke om die soeklig op kankerbewustheid te laat val.
Klante is ook aangemoedig om iets in pienk aan te trek.
Vir elke R50 wat mense geskenk het vir kankerbewustheid, het hulle 'n pienk lipstiffie gekry. Die dag is afgeskop met 'n vonkelwynontbyt, natuurlik met pienk vonkelwyn.
Middagtee is bedien met 'n verskeidenheid van pienk eetgoed en die dag is afgesluit met allerhande pienk drankies, waaronder alkoholvrye drankies vir diegene wat dit verkies het.
'n Feestelike atmosfeer het geheers en die besoekers het weereens gewys dat kankerbewustheid op vele maniere gevier kan word.
Rosemary Light met die groep vroue van Sotheby's.
René Haarhoff, eienaar van Sterrehemel Café & Restobar, het regtig moeite gedoen om dié restaurant in pienk te tooi. Foto: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'