HESSEQUA NUUS - Gesondheidsspanne in Hessequa sit skouer aan die wiel om te verseker dat soveel moontlik mense teen Covid-19 ingeënt word.
“Ongeveer 69% van persone bo die ouderdom van 60 jaar in die streek het geregistreer om die inenting te ontvang.
Teen 2 Julie is 3 740 mense al ingeënt; 70% van die mense wat dit wil ontvang,” het Nadia Ferreira, hoof kommunikasiebeampte van die departement gesondheid: Tuinroete en Sentraal Karoo-distrik verduidelik.
Manie September van Riversdal het gesê dat die susters baie behulpsaam en vriendelik is. “Ek wil hê die mense moet weet hierdie siekte is baie ernstig, dit is nie ‘n grap nie. Eerder voorbereid as onvoorbereid.”
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'