Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO Karl de Winnaar stap die pad van geloof - letterlik.
Hy het 'n tog van 3 500 km aangepak vanaf sy huis in Ermelo na Kaapstad en weer terug om die Christelike boodskap uit te dra na almal met wie hy in aanraking kom.
Suid-Kaap Forum het hom Dinsdagoggend 10 Maart op die N2 tussen die Stilbaai-afdraai en Riversdal aangetref, waar hy met die kruis wat hy saamdra onder 'n koelteboom bietjie asem geskep het.
Hy sê dis die tweede keer wat hy die kruistog aanpak. Hy samel geen geld in nie en maak staat op mense se goedhartigheid op die roete: "Soveel mense het al vir my kos en hulp gegee."
De Winnaar is reeds twee keer op sy staptog aangerand en beroof, maar ook dit stuit hom nie. Hy het beplan om twee dae in Riversdal deur te bring en uitreike na veral haweloses te doen. Dan pak hy die laaste skof Kaapstad toe aan. "Dis nog net 'n ou klein entjie," sê hy met 'n breë glimlag.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Op die kruis-pad
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'