RIVERSDAL NUUS - Verskeie muurbalspelers van Hoër Landbouskool Oakdale het gedurende die wintervakansie aan die Interprovinsiale Toernooi (IPT) deelgeneem en die skool met trots verteenwoordig.
Die spelers het deurgaans deursettingsvermoë en goeie sportmangees op die baan getoon en waardevolle ervaring teen sterk teenstanders opgedoen.
Luan van Zyl (o. 19) was die skool se uitblinker met ses oorwinnings uit agt wedstryde.
Anrieg Small (o. 19) en Ruben Erasmus (o. 19) het elk agt wedstryde gespeel en drie oorwinnings behaal.
In die o. 15-afdeling het Arnoux Rossouw vyf van sy nege wedstryde gewen.
Hoër Landbouskool Oakdale het die spelers gelukgewens met hul prestasies en hulle geloof vir die wyse waarop hulle die skool verteenwoordig het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’