RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se krieketafdeling het rede tot groot trots nadat Carlo Seegers, ’n gr. 9-leerder, tydens die jaarlikse Garden Route Badgers-prysuitdeling vereer is vir sy uitstekende prestasies op die krieketveld.
Carlo het op 20 Junie die toekenning vir die meeste lopies in die o. 15 Superliga ontvang nadat hy deur die 2025/2026-seisoen konsekwent met die kolf uitgeblink het.
Die toekenning erken die speler wat die meeste lopies gedurende die seisoen aangeteken het en beklemtoon Carlo se harde werk, deursettingsvermoë en vermoë om onder druk te presteer.
Volgens Oakdale is die prestasie ’n bewys van sy toewyding aan die sport en die vrug van talle ure se oefening en voorbereiding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’