STILBAAI NUUS - Stilbaai Toerisme se kantoor by Palinggat spog deesdae met twee nuwe gesigte.
Mariaan Harris het einde Maart 2024 klaargemaak as kantoorhoof en op 1 April het Elvena Petersen as die nuwe hooftoerismebeampte ingeval.
Elvena het toerismebestuur studeer en sy was ook vir 'n tyd lank 'n intern by Hessequa-munisipaliteit se toerisme-afdeling.
Op 1 Junie 2024 het Amoré Franken by haar aangesluit as assistent-toerismebeampte. Amoré het in 2023 die Beste Prestasie-toekenning in toerisme gekry as 'n graad 12- leerder by Höerskool Langenhoven in Riversdal.
Dat beide van hulle 'n passie vir toerisme het is baie duidelik en volgens Annerise Wolmarans, voorsitter van Stilbaai Toerisme, is sy baie opgewonde oor wat hierdie twee dames gaan vermag.
Annerise sê dat hulle 'n baie moderne aanslag vir toerisme bemarking saam met hulle bring en dat hulle alreeds besig is met 'n nuwe webblad wat eersdaags sal uitrol.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’