RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale het vanjaar twee nuwe onderwysers bygekry. Hulle is Tjaart Naudé en Ivan van Zyl.
Tjaart is in Durbanville gebore en het in Riebeek-Kasteel grootgeword. Hy het aan Hoërskool Oos-Moot in Pretoria gematrikuleer waarna hy sy sportbestuur- en onderwyskwalifikasie verwerf het.
Ná vyf jaar as onderwyser by Oos-Moot het hy en sy vrou, Elizna na Riversdal verhuis.
Ivan is 'n trotse oudskolier en sê hy is baie opgewonde om as onderwyser hier in te val. Hy is in die Kaap gebore, maar het in Riversdal grootgeword waar hy in 2017 gematrikuleer het.
In 2018 neem hy studies in BhSc-sportafrigting en menslike bewegings-wetenskappe in aanvang by Noodwes-Universiteit in Potchefstroom waar hy sy graad in 2020 verwerf.
Hy is tans besig met sy nagraadse studie in lewensoriëntering.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'