STILBAAI NUUS - Die NSRI se Stasie 31 in Stilbaai het Dinsdagoggend 24 Desember reageer op 'n noodoproep van 'n vissersboot wat op die oop see onklaar geraak het.
Stéfan Grové, bevelvoerder van Stasie 31, wat op daardie stadium op 'n kajak in die baai was het onmiddellik teruggeroei en by sy bemanning aangesluit waarna die NSRI boot uit is om die vissersboot te hulp te snel.
Die vissersboot en sy twee bemanningslede is ingesleep hawe toe waar die res van Stasie 31 se bemanning die boot gesleep het tot by die sleephelling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’