HEIDELBERG NUUS - Nog 'n persoon het sedert Woensdagaand 19 Julie spoorloos vanaf sy ouerhuis verdwyn.
Die keer is dit Christopher (Christie) Jacobs (24) van Joe Slovo Park. Volgens sy se bekommerde ma, Annie, is hy geestelik gestrem en 'n epilepsielyer.
Dit volg kort nadat die liggaam van David Pongolo wat vroeër die maand as vermis aangemeld was, verlede week langs 'n pad in Worcester gevind is. Hy het by familie op Colesberg gekuier, maar het nooit op Worcester opgedaag soos gereël was nie.
Die polisie soek sedert Donderdag na Jacobs. Indien enigiemand weet waar hy hom bevind kan hulle die polisie by 028 722 1910 of sy ma by 072 530 9471 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'